+27 82 855 9906 info@artofhealth.co.za

By Art of Health, Healing and Wellbeing, het ons het ‘n aantal  masjiene en produkte wat probleme in die liggaam kan ïdentifiseer, en ons wil dit met julle te deel. Ons bied verskeie holistiese gesondheids dienste, produkte en masjiene aan.

  • Analiserings Masjiene  (Plexus Quantum 620 Analytical Scanner)
  • Plexus 560A  Rife  masjien,
  • Osoon masjiene,
  • Ons spesialiseer ook in Voeding wetenskap, waar ons u sal lei om tekorte in die liggaam te kan balanseer asook wat om te eet.

Plexus 560A Rife –  Micro Pulse Generator

Siektes word veroorsaak deur patogene (verskeie bakterieë, virusse, of organismes) Wanneer jy patogene in jou liggaam het, kan ons Rife masjien die patogene vernietig. Daar is verskeie programme in die Rife wat die patogene afbreek en vernietig deur elektriese frekwensies. Dit stimuleer dan die organe, kliere en dreinering in die liggaam, sodat die liggaam homself kan genees en dan ook gesond bly. Ons word deesdae toksiese medisyne en chemiese middels  voorgeskryf, wat  newe effekte veroorsaak, asook afhanklikheid aan die chemiese middels veroorsaak. Die Rife masjien het geen newe-effekte nie.   Rife masjiene of resonators is al vir meer as 15 jaar beskikbaar in Suid-Afika, en deur die jare is die masjiene verbeter, en ons kan vandag se dat ons  van die mees effektiefste, bekostigbare masjien in Suid Afrika het.   Hoekom ons masjien goed is:

  • Dit word lokaal vervaardig
  • Ons frekwensieband (of sein kwalitieit) waarin ons masjiene funksioneer werk vanaf 0.01 Hz tot  100 000.00 Hz.
  • Wat dit nog beter maak, is die feit dat ons het 3230 verskillende programme op ons masjien. Party van die ander masjiene beskikbaar, het net tot 150 programme of selfs minder op.
  • Die Plexus 560A Rife het n herhaling funksie (Repeat) waar u die masjien kan aanlos gedurende die hele aand om u te behandel.
  • Dit het n groepering funksie (Group), waar u veskeie behandelinge kan saamstel,wat spesifiek net vir u eie siekte toestand bedoel is.
  • Dit kan geprogrammeer word op twee maniere: deur n komper of op die masjien self – dis amper  soos n selfoon se skerm. So u hoef nie n komper te he om ons masjien te gebruik nie.
  • Dit het ook n Onlangs gebruik funksie (Recent) – dis n maklike verwysing na die laaste 20 programme wat u gebruik het.
  • Die beste is dis beskikbaar in Afrikaans

Deur die jare het navorsers in die wereld die verskeie frekwensies getoes, en so ontdek  dat die organismes wat on siek maak, oor n groot verskeidenheid frekwensies lewe. Met die gevolg daar is toe verskillende programme saamgestel met hierdie frekwensies wat dan die verskeie siektes help genees. Die Plexus 560A Rife masjien is klein genoeg om mee te reis, indien u op vakansie gaan en siek raak – of dit nou n verkoue is,  n allergiè van enige aard, voedselvergifting, infeksie, malaria of net self n kopseer. Die masjien help met die heling van wonde, velkondisies soos gordelroos (Shingles), ekseem, neutraliseer spinnekop gif in byt merke, dit help met verskeie kwale, soos  Rumatiek, Sinisitus, Sirkulasie probleme, mense met Diabetes ,Inflammasie,  Respiratoriese probleme, Kanker, asook verskeie programme vir emosionele toestande vanaf slaaploosheid tot depressie. Wanneer u n Rife masjien koop is dit n belegging in vir u hele gesin, van jonk tot oud. Met ons spesiale mat kan u self babas en diere daarmee behandel. Dink net hoevel spandeer u maandeliks op n mediese fonds? Duisende rande?  Ons Plexus 560A Rife Programmable Generator kos net R7300 en dis ‘n eenmalige uitgawe, wat u deur jare kan help en ondersteun deur alle gesondheidstoestande. Asook om die  immuniteit te verbeter. Met gereelde behandeling, word die parasiete vernietig, die niere en  lewer werk meer effektief en die liggaam raak ontslae van enige vergifting.  Die liggaam se sirkulasie sal ook verbeter. Rifemasjiene mag nie gebruik word deur swanger vrouens, mense wat aan lewensondersteuning toestelle gekoppel is, sekere tipes epilepsie, hart-pasaangeer en mense met hart risiko’s nie.  Die gebruik van n Rife masjien is n persoonlike ingeligte keuse, en die risiko daaraan berus by elke gebruiker self.   Vir meer inligting oor die masjiene kontak ons op 082 855 9906 of kontak my deur info@artofhealth.co.za

Plexus Quantum 620 Analitiese Skandeerder

Die Plexus Quantum 620 Skandeerder maak gebruik van n sensor wat u in die hand vashou. Dit neem die masjien  een  minuut om n volledige verslag te gee oor verskeie organe in die liggaam. Ontleding van die  kardiovaskulêre sisteem, asook onderligende probleme wat moontlike siektes kan veroorsaak. Soos, vernouing van die are  in die liggaam, die hart en die brein. Bloedsomloop (genoeg suurstof na hart, brein en longe), Rumatiek, Longe,  Bloedsuiker, Maag en ingewande (kolon), Lewer, Niere, Galblaas, Kraniaal senuwees, Ginekologies (borste en hormone), Prostaat, ( n toets wat meeste mans nie wil doen as gevolg van die ongemaklikheid van die toets), Been siekte en Been-digtheid. Spoor elemente vanaf selenium, yster, sink en kalsium,. Dit maak ‘n maklike en vinnige manier om ‘n ogie te hou op jou gesondheid. . Die verslag sal ook help om genetiese problem soos, allergie, suur / alkali balans in die weefsels en vitamien, minerale en anti-oksidant tekorte te diagnoseer. Die Quantum 620 Analitiese Skandeerder is beskikbaar om te koop teen R6400 en is maklik genoeg om te gebruik in die huisgesin.  Kontak ons vir verdere besonderhede.

Quantum Pro Skandering masjien

Die Quantum Pro Skandeerder toets of daar bakterie, viruse, wurms, of algae het in die liggaam wat besig is om jou te besmet en siek te maak. Elke sel of deeltjie in die liggaam (bakterie, virusse of patogeen) het ‘n “unieke energie herkenning of vibrasie”. Met die gebruik van bio-resonansie, stuur die Quantum Pro elektromagnetiese seine, met verskillende frekwensies deur die liggaam. Met elke vibrasie wat terug gestuur word, kan dit die patogeen identifiseer deur data wat gestoor is in die geheue van die Quantum Pro.
Die scan kan ook kyk na allergiee vir sekere kos soorte. Die scan is ‘n deeglike, gemaklik en pyn vry prosedure, wat geen risiko inhou. Na die scan, kry u dan n verslag, wat identifiseer watter patogene gevind is in die liggaam, asook met watter siektes die patogene geassosieer mee word. Hierdie verslag sal dan aanduiding gee van watter behandeling gedoen moet word vir u bestaande mediese probleem. Ons kan u dan behandel met ons Plexus 560A Rife, die osoon/suurstof behandeling, Quantum Pro – toets patogene in die liggaam. Ons ander dienste wat ons aanbied is Voedings aanvullings asook om gewig te verloor. Wanneer die toetse gedoen is, kan ons voedingkundige u leiding gee en programme uitwerk volgens die liggaam se tekorte. Kontak Tinka Boverhoff – 0828559906 vir n afspraak in Johannesburg of Durban (Suidkus) of enige van ons Wellness Centres in die land.

Osoon Masjien

Die belangrikheid van suurstof Ozone-03Gesonde selle in die liggaam benodig suurstof. Die meeste ongewenste mikro-organismes is “anaërobies”, wat beteken dat hulle floreer in die afwesigheid van suurstof. Hulle word eintlik vernietig deur die teenwoordigheid van suurstof.  Met die teenwoordigheid van suurstof word  organismes soos swamme, parasiete, bakterieë, en virusse soos MIV, Epstein Barr, Coxsackie en Cytomegalovirus swakker en sensitief. Diè organismes, word dikwels geassosieer met verskeie siektes. Suurstof vernietig die buitenste dop van die meeste mikro-organismes en verander dan hulle DNA. Deur onvoldoende asemhaling, besoedelde lug, te veel gemorskos, asook stress word die liggaam  ontneem van voldoende vlakke van suurstof. Onvoldoende suurstof vlakke bied ‘n anaërobiese omgewing, waarin die mikro-organismes floreer.  Selle wat ontneem word van suurstof, is nie in staat om genoeg ensieme te produseer om hulle selwande te versterk nie.  Hulle word net swakker en meer kwesbaar, Waar gesonde selle wat voldoende suurstof en voedingstowwe het, hulle eie beskermende ensiem vervaardig vir die selwande  rondom hulle, en hulle dan beskerm teen die aanval van patogene. In baie gevalle waar daar nie genoeg suurstof in die selle is nie nie, kan kanker begin. As onvoldoende suurstof teenwoordig is, word koolstofmonoksied geproduseer. Koolstofmonoksied is ‘n irritasie aan die senuweestelsel, dit affekteer orgaan funksies, verminder basale liggaamstemperatuur, en verhoed suurstof opname deur die rooibloedselle. Dit verswak en affekteer die weerstand van die liggaam, dus raak die liggaam vatbaar vir infeksie en siekte. OzoneConversion

Wat kan Osoon(Ozone) alles doen?

  • Vernietiging of onaktivering van virusse, bakterieë, gis (Algae), swamme en protosoë en slegte kolon bakterieë.
  • Stimuleer die imuunstelsel en help met die behandeling asook voorkoming van Auto imune siektes.
  • Verbeter sirkulasie, die skoonmaak van al die are.
  • Reinig die bloed en limf nodes.
  • Normaliseer hormoon en ensiem produksie.
  • Verminder inflammasie.
  • Verbeter kardiale aritmieë, breinfunksie en geheue.
  • Oksideer gifstowwe, sodat hulle uit die liggaam vervoer word  en trek aan(chelate) swaar metale.
  • Voorkom en genees sekere siektes.
  • Verhoog die sterkte en verminder die newe-effekte van chemoterapie.
  • Help in die behandeling van kanker.
  • Osoon word omgeskep in suurstof  sodra dit in die bloedstroom kom, en word dan afgebreek na peroxsiede

Omdat suurstof die buitenste dop van die mikro-organismes vernietig , gaan dit in die sel membraan en verander die DNA. Dan maak die liggaam se selle ensieme, wat die veranderde DNA in die selle weer herstel. Maar die primitiewe organismes het nie daardie vermoë nie. So suurstof teiken selektief  net die mikro-organismes wat ons siektes veroorsaak, en spaar die gesonde selle. Met verhoogde suurstof vlakke  in die rooibloedselle word daar meer suurstof na die weefsels gestuur. As gevolg van die verhoogde sirkulasie, word die opbou van plaak in die are deur die suurstof geoksideer, wat  die sirkulasie proses net verbeter.  Prostacycline (ensiem wat die are weer oop maak) word deur suurstof geproduseer, wat die are nog verder oop maak. Wanneer daar suurstof in die liggaam is, word dit afgebreek in n vrye radikale agent met die naam peroksied. Die peroksied het  n positiewe uitwerking in die liggaam, omdat hulle al die verswakte selle (die selle wat parasiete en viruses bevat) of siek selle aan, en reageer met lipiede (vette) in die sel membraan. Die gesonde selle,(met ongeskonde selwande), het ensieme wat penetrasie van die peroksiede voorkom.. Suurstof inhibeer kanker sel metabolism. Dit oksideer die buitenste lipied laag van die kanker selle en vernietiging dit dan so. Suurstof water kan gebruik word om groentes, vleis en vis af te spoel. Dis wonderlike voeding ook vir plante. Dit vat slegte reuk uit n kamer (Rook, uie, vis, verskillende kos reuke). Gebruik die water om yskaste binne te steriliseer asook oppervlakte. Begin voordeel trek uit  ‘n osoon masjien, in die gerief van jou huis vandag!

Voeding aanvullings

VitaminBurgerDie liggaam besit die  mag om homself te genees. Maar die mens word as ‘n geheel saamgestel uit  interaksie tussen  die verstand, liggaam en gees. Dit is belangriker om die  oorsaak van  siektes te ondersoek,   eerder as om net die simptome te onderdruk. Simptome is gewoonlik net n boodskap van die liggaam om te  probeer om homself te genee Ongelukkig kan die oorsaak  n verskeidenheid van goed wees soos fisiese, geestelike, emosioneel asook op  n geestelike vlak. Vandag is daar wetenskaplike bewyse dat daar n groot verskeidenheid van goed is vanuit n natuurlike oogpunt wat die liggaam kan help om gesond te word.  Vanaf dieet, voedingsaanvullings, kruie medisyne, chiropraktiese aanpassings en massering assook akupunktuur, en homeopatie. Daar is die gesegde: Jy is wat jy eet …… .., maar swak gesondheid word veroorsaak deur ‘n verskeidenheid van dinge: Lewenstyl  en Gebrek aan Voeding : = ongebalanseerde liggaam wat lei tot siekte

  • Mense eet  te veel gemorskos en slegte keuses wanneer hulle moet kos kies, met ander woorde te veel suiker en koolidrate.
  • Vandag se kosse bied nie meer dieselfde voedingswaarde as jare gelede nie wat dan lei tot n tekort van minerale en vitamine in die liggaam.
  • ‘n hoë syfer in BMI (Body Mass Index)  veroorsaak uiteindelik vetsug.
  • Metaboliese sindroom.
  • Insulien weerstand , n skildklier wat of onder of oor aktief is, wat dan  hormonale disfunksies veroorsaak.
  • Onvoldoende oefening of selfs geen – veroorsaak swak sirkulasie in die liggaam,wat dan die vermoë om gifstowwe  uit die ligaam te verwyder net bemoeilik.
  • Vetterige lewer, uriensuur problem asook maag suur gehalte wat te hoog of te laag is.
  • Stres hantering.
  • Parasiete, virusse, bakterieë – wat veroorsaak inflammasie en infeksie – wat dan lei tot siektes.

Bespreek jou skanderings vandag. Skanderings is beskikbaar: in Johannesburg (Mondeor), Durban sentraal,  Suidkus Natal – Illovobeach en Kaapstad (Tyger Waterfront).